Tuis » Times Square se Nuwe Standbeeld
Posted in

Times Square se Nuwe Standbeeld

Nuwe beeld in New York

By Vryheid Media probeer ons meestal nuus en artikels bring wat ons mense raak – stories oor selfbeskikking, kultuur, en die stryd om identiteit. Maar soms is dit nodig om ook na die wêreld daarbuite te kyk en te vra wat die “tydvlak” vir ons vertel. Hierdie artikel is so een.

Ons moet nie vergeet nie, New York behoort aan die Demokrate – daardie mense wat altyd probeer om anders te wees, al is dit net om anders te wees.

In New York, die stad wat nooit slaap nie – en nou blykbaar ook nooit ophou jammer voel nie – het pas ’n nuwe standbeeld in Times Square opgerig. Maar moenie bekommerd wees nie, dit is nie nog ’n ou marmerfiguur van ’n dapper generaal of ’n inspirerende staatsman nie. Nee, hierdie keer is dit ’n 12 voet hoë swart vrou wat die ruimte vul.

Dit is gepas dat hierdie beeld in Times Square staan – daardie neon-verligte tempel van moderne kapitalisme, waar die glans van Wall Street se miljardêrs bots met die raserige stemme van straatverkopers wat namaakhorlosies en spookasem vir ’n paar dollar aanbied. Dit is asof die standbeeld self fluister: “Ja, ons is ook hier al betaal ons die huur nie.”

Dit laat jou dink aan die marmerfigure van ouds – Washington, Churchill, Napoleon – manne wat hele beskawings uit die grond uit gereis het met hul wil, visie en soms selfs brute krag. Maar die moderne Weste se nuwe ikone is anders – hulle is nie die bouers van brûe, die stigters van nasies of die skrywers van grondwette nie, maar eerder die kritici van daardie selfde beskawings. Hulle is diegene wat met suur verf en filosofiese hamers probeer om die pilare van Westerse nalatenskap te versplinter.

Miskien is dit die groot ironie van ons tyd: dat die Weste, wat eens die wêreld oorheers het met sy kultuur, wetenskap en filosofie, nou monumente oprig aan diegene wat sy eie waardes afbreek. Dit is soortgelyk aan ’n antieke tempel besluit het om sy marmerpilare met graffiti te versier en dan met ’n selfvoldane glimlag te verklaar: “Kyk hoe progressief ons is!”

En so staan die standbeeld, imposant maar effens uit plek, tussen die raserige taxi’s, die swetende toeriste en die straatmusikante, as ’n permanente herinnering aan ’n beskawing wat sy eie nalatenskap vergeet het – of dalk net probeer herskryf, een ongemaklike monument op ’n slag.

So, is dit vooruitgang of net ’n teken van verval? Miskien is dit beide – of dalk net nog een van daardie vreemde Amerikaanse popkulturele ikone wat oor twintig jaar in ’n stofbedekte hoek van ’n rommelwinkel op ‘n agterstraat in Brooklyn beland.

Wat kan mens sê? Wat kan mens sê?


Discover more from Vryheid Media

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

One thought on “Times Square se Nuwe Standbeeld

Los kommentaar hier..

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading