Tuis » Boek van die maand – Broedertwis: Bittereinder en Joiner
Posted in

Boek van die maand – Broedertwis: Bittereinder en Joiner

Een oorlog, twee broers, een tragiese twis – die verskriklikste Afrikanerbroedertwis ooit. Meer as ‘n honderd jaar ná die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner wat die wapen teen sy eie mense opgeneem het.

In Broedertwis klim Albert Blake as’t ware in dié twee broers se koppe. Hy probeer verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Watter rol het geloofsoortuigings, elkeen se eiesoortige karakter, hul vroue en ook oorlogtrauma in hul keuses gespeel? Teenoor die vurige en waaghalsige Christiaan staan sy temperamentele, andersdenkende jonger broer, Piet. Die een ‘n spreekwoordelike valk, die ander ‘n duif. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat die einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Die boek kan by Goodreads, Booktopia of Amazon aangeskaf word, afhangende van waar u in die wêreld woon.


Discover more from Vryheid Media

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Los kommentaar hier..

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading