Tuis » Die groot toiletrol debat – Bo-oor of onder-deur?
Posted in

Die groot toiletrol debat – Bo-oor of onder-deur?

Kom ons wees eerlik – min dinge in die lewe het al soveel verhoudings in die wiele gery as die eenvoudige vraag:

Hoe moet ‘n toiletrol nou eintlik op die houer sit? Is jy ‘n ‘bo-oor’ of ‘n ‘onder-deur’ persoon? Dit klink dalk belaglik, maar hierdie eenvoudige keuse het ‘n dieper geskiedenis as wat jy sou dink.

Ja, Vryheid Media vat die moeilike onderwerpe aan.

Vir diegene wat glo daar is ‘n regte manier, is daar goeie nuus – die antwoord is letterlik op swart en wit. In 1891 het Seth Wheeler van die Albany Perforated Wrapping Paper Company die eerste patent geregistreer vir die moderne toiletrolhouer (US Patent No. 465,588). As jy die patenttekening van daardie tyd bekyk, sien jy duidelik dat die papier oor die bokant van die rol hang. Ja, Wheeler het die stryd lank voor jou badkamerdebat reeds besleg.

Daar is ‘n paar praktiese redes waarom die ‘bo-oor’ styl dalk ‘n slim keuse is:

  • Maklike toegang, jy hoef jou nie te verrek om by die punt uit te kom nie.
  • Dit lyk bietjie meer gesofistikeerd en netjieser.
  • Jy hoef nie met ‘n muurskaduwee te stoei om die papier te kry nie.
  • As die uitvinder dit sê, wie is ons om te stry?

Maar kom ons gee die ‘onder-deur’ kamp ook ‘n kans – hulle het ‘n paar puntjies:

  • Minder kans dat jou kat die hele rol afrol.
  • Werk dalk beter in klein badkamers deur ruimte te bespaar.
  • Miskien spaar jy ‘n paar sent deur minder papier te gebruik.

Wat is die finale woord?

As jou badkamerstyl soos die `n vyfsterhotel is, is ‘bo-oor’ waarskynlik jou beste weddenskap. Maar as jy kinders, katte of beperkte spasie het, gaan gerus ‘onder-deur’.

Waar staan jy? Deel jou mening in die kommentaar!


Discover more from Vryheid Media

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Los kommentaar hier..

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading