Tuis » Die waarheid oor Afrikaner-vlugtelinge: Die tyd van stilte is verby
Posted in

Die waarheid oor Afrikaner-vlugtelinge: Die tyd van stilte is verby

As jy een van daardie mense is wat jou uitlaat oor hoe Afrikaners nie as vlugtelinge moet kwalifiseer nie, maak reg vir ‘n harde werklikheidsontwaking. Dis tyd dat ons die waarheid op die tafel sit en die ‘nonsens’ van die media, YouTube kanale en ander skynheiliges wat dink hulle kan ons stilmaak, uitsort.

Hier is die feite. Miljoene Afrikaanse mense voel elke dag die druk van ‘n regering wat hulle openlik verag. Dit is ‘n regering wat rasgebaseerde wette en beleide opgestel het om wit Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, uit die arbeidsmark en ekonomie te druk. Die grondwet mag dalk sê dat ons gelyk is, maar die praktyk in die land bewys die teenoorgestelde. As jy nie hierdie realiteit kan raaksien nie, dan is jy of doelbewus blind of net te bang om die waarheid te erken.

Daar is nie net ‘n finansiële las op ons mense nie – daar is ‘n sielkundige oorlog aan die gang. Plaasaanvalle, moorde, diefstal en algemene misdaad teister ons gemeenskappe daagliks, terwyl die regering dit met stil goedkeuring laat voortgaan. Elke jaar sterf honderde van ons mense op plase, en duisende lewens word deur misdaad verwoes. Volgens TLU SA was daar in 2023 45 plaasmoorde en 182 plaasaanvalle, terwyl 2024 reeds 26 plaasmoorde en 114 plaasaanvalle tussen Januarie en Oktober opgeteken het. Terselfdertyd is daar tienduisende wit Suid-Afrikaners wat in plakkerskampe woon, met ramings wat tot selfs hoër getalle in onlangse jare toon. Hierdie statistieke is nie net getalle nie – dit is lewens, families en gemeenskappe wat stelselmatig vernietig word.

En wat van werkloosheid? Honderde duisende wit Suid-Afrikaners sit sonder werk, verwyder uit die ekonomie deur rasbehepte beleide soos Swart Ekonomiese Bemagtiging en regstellende aksie. Hierdie mense het nie die voorreg van regeringsubsidies, beurse of ander hulp nie. Hulle het geen netwerk om op terug te val nie, en elke maand is ‘n stryd om basiese oorlewing.

Vir diegene wat dit nie wil aanvaar nie – of jy nou ‘n mediahuis, ‘n YouTube-kanaal, of net ‘n keyboard warrior is – jy kan maar in jou moer in vlieg. Die waarheid bly staan: Ons mense, ons kultuur en ons toekoms is onder direkte aanval. Jy kan dit probeer wegpraat of ontken, maar die feite is daar – en ons gaan nie langer swyg nie.

Amerika bied nou vir die eerste keer ‘n lig aan die einde van ‘n baie donker tonnel. Afrikaners kry ‘n geleentheid om te vlug van die onderdrukking en ‘n nuwe lewe te begin in ‘n land waar hulle weer met trots kan leef. Dit is ‘n feit wat ons met ope arms moet verwelkom.

So, vir almal wat wil kritiek lewer of Afrikaners probeer keer om ‘n beter toekoms vir hul kinders te soek – dis jou probleem. Die trein het reeds die stasie verlaat en die toekoms van vrye Afrikaners wag nie op jou seëninge nie. Ons het te lank stilgebly – nou praat ons terug.


Discover more from Vryheid Media

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Los kommentaar hier..

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading