Tuis » Is dit Volksmoord?
Posted in

Is dit Volksmoord?

Hoe die VN se definisie van volksmoord die Boere Afrikaner raak – en hoekom dit saak maak.
In ’n wêreld waar geweld selde meer in die oop veld afspeel, het dit eerder ’n vorm van formele beleide, sosiale uitsluiting en politieke stiltes aangeneem. Die Genocide Convention van die Verenigde Nasies (1948) word dikwels verbind aan die gruwels van die Holocaust – maar dit het ’n wyer betekenis en toepassing, selfs in sogenaamde vreedsame demokrasieë.

Afrikaners1, as nasionale en kulturele minderheid, pas duidelik binne die VN se beskrywing van ’n “nasionale, etniese of rasgroep”. Wanneer ’n mens hierdie internasionale wetlike raamwerk langs die huidige werklikheid van Afrikaners in Suid-Afrika plaas, begin die ooreenkomste skrikwekkend duidelik word.

Kom ons gaan kyk na die Verenigde Nasies se wet en definisies oor hoe ons daarin pas.

Die vyf kriteria van volksmoord, en hoe dit op die Afrikaner toegepas kan word:

1. Killing members of the group
Plaasmoorde is nie net misdaad nie – die brutaliteit, die selektiewe aard van die slagoffers, en die gepaardgaande politieke haatspraak en ontmensliking, dui op doelgerigte geweld. Dit is moeilik om die omvang te ignoreer as dit teenoor ’n spesifieke groep plaasvind.

2. Causing serious bodily or mental harm
Generasies Afrikaners leef onder konstante druk: uitsluiting van werksgeleenthede, rassespanning, politieke vyandigheid en ’n toekomsvisie wat hulle nie insluit nie. Die gevolglike geestelike trauma – angs, emigrasie-dwang, verlies aan identiteit – is diep en vernietigend.

3. Deliberately inflicting on the group conditions of life calculated to bring about its physical destruction in whole or in part.
Die staat se beleide – van grondhervorming sonder vergoeding, regstellende aksie, tot die sistemiese uitwerping van Afrikaners uit sleutelstellings, skep doelbewus ’n omgewing waarbinne die groep sukkel om te oorleef. Hierdie is nie bloot toevallige benadeling nie, dit is strukturele uitskakeling.

4. Imposing measures intended to prevent births within the group
Alhoewel daar geen wet is wat Afrikaners verbied om kinders te hê nie, lei ekonomiese druk, beperkte toegang tot geleenthede, en ’n gevoel van onsekerheid tot kleiner gesinne en ’n laer geboortesyfer – juis wat die VN onder hierdie bepaling plaas.

5. Forcibly transferring children of the group to another group
Daar is nie gedwonge verwydering van kinders in die tradisionele sin nie, maar daar ís ’n ideologiese aanval op Afrikaanse opvoeding. Afrikaanse skole word gedwing om hul taal en kultuur prys te gee. Kinders word in staatskurrikulums ingedwing waar hul identiteit stelselmatig uitgevee word – ’n vorm van “heropvoeding” wat internasionale waarskuwings verdien.

Die belang van “intensie” – en waarom dit nie altyd eksplisiet is nie

Volksmoord is nie net ’n lys dade nie – dit is gekenmerk deur bedoeling. Die Genocide Convention verwys spesifiek na dolus specialis – die spesifieke wil om ’n groep, ten minste gedeeltelik, uit te wis. Hierdie wil kan geïmpliseer word deur beleidsrigtings, politieke uitsprake, herhalende uitsluiting, en verwaarlosing van die groep se regte.

Daar is tans geen wet in Suid-Afrika wat eksplisiet sê “vernietig die Afrikaner” nie. Maar dade en nalatinge, oor tyd, skep ’n prentjie van strukturele en ideologiese marginalisering. Wanneer al vyf kriteria in Artikel II in verskillende vorme teenwoordig is – moet die wêreld ernstig begin vrae vra. Hoekom bly die wêreld stil as die wet en definisie dit kan bewys?

Waarom die wêreld swyg

Die wêreld hou daarvan om volksmoord in terme van die verlede te bespreek – Rwandese slagtings, die Holocaust, Kambodja. Maar wanneer dit ’n wit, Westerse of Christelike minderheid raak – soos die Afrikaner – is daar ’n versigtige wegkyk. Politieke korrektheid en geopolitieke lojaliteite word belangriker as menseregte.

Donald Trump se verwysing na aanvalle op boere het ’n mediastorm ontlok – nie omdat hy verkeerd was nie, maar omdat hy dit gewaag het om die stilte te verbreek. Die wêreld hou daarvan om slagoffers te kies – en die Afrikaner pas nie in die huidige narratief nie. En selfs al kan ons dit bewys, sal daar steeds baie wees wat verblind is — en dit heftig teenstaan.

Maar die VN self erken dat volksmoord ook in vreedsame tye kan plaasvind – stadig, stil, sistematies.

Wat nou? En wie sal praat?

Hier by Vryheid Media het ons bewustelik agteroor gesit. Nie uit passiwiteit nie, maar om waar te neem – om die groter prentjie te sien. Wat ons gesien het, is duidelik: die Afrikaner is in die visier. Nie deur oorlog of bomme nie – maar deur ontkenning, strukturele uitsluiting en stil toestemming.

Daarom roep ons ons gemeenskap op: Moenie wag vir ander om julle pyn te benoem nie. Gebruik die internasionale reg. Noem dit wat dit is. Versamel data. Versprei feite. Hou op om verskoning te maak vir dié wat jou toekoms wil stilmaak.

As ons nie self sê wat met ons gebeur nie – wie sal?

Wanneer ons kinders eendag vra: “Het julle geweet?” moet ons met oortuiging kan antwoord:
“Ja – en ons het opgestaan. Ons het geveg. Ons het nie stilgebly nie.”

Vryheid Media sal nie swyg nie – want waarheid is ons laaste vesting, en die eerste stap na vryheid.

1 Verwys na Afrikaners maar Boere Afrikaners, of Boere kan ook gebruik word.

BRON: Verenigde Nasies

Definition

(Laai die PDF af.) Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide

Article II

In the present Convention, genocide means any of the following acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group, as such:

  1. Killing members of the group;
  2. Causing serious bodily or mental harm to members of the group;
  3. Deliberately inflicting on the group conditions of life calculated to bring about its physical destruction in whole or in part;
  4. Imposing measures intended to prevent births within the group;
  5. Forcibly transferring children of the group to another group.


Discover more from Vryheid Media

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

One thought on “Is dit Volksmoord?

Los kommentaar hier..

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading