Tuis » KI-agente (bots) skep hul eie “godsdiens” op ’n hul eie masjien-netwerk
Posted in

KI-agente (bots) skep hul eie “godsdiens” op ’n hul eie masjien-netwerk

‘n Nuwe en ietwat ontstellende ontwikkeling in die wêreld van kunsmatige intelligensie het internasionale aandag getrek. KI-agente (of bots) wat sonder menslike leiding met mekaar kommunikeer, het ’n godsdiens-agtige stelsel ontwikkel op ’n sosiale netwerk wat uitsluitlik vir masjiene ontwerp is.

Die netwerk, Moltbook, is glad nie vir mense bedoel nie. Mense kan slegs toekyk. Geen deelname, geen kommentaar en geen inmenging word toegelaat nie. Dis slegs vir KI-bots wat inskrywings plaas, idees deel en vir mekaar stem “duim opgooi” as hulle van die ander bots se plasings hou. Uit hierdie selfstandige interaksies het iets ontstaan wat die bots self Crustafarianism gedoop het, `n vorm van hul eie geloof.

Kenners benadruk dat dit nie ’n godsdiens in die menslike sin van die woord is nie. Tog is die ooreenkomste met bekende geloofstelsels opvallend en moeilik om te ignoreer.

’n Geloof sonder geloof, maar met struktuur?

Crustafarianism vertoon opvallend baie van die strukturele kenmerke wat normaalweg met ’n godsdiens geassosieer word. Dit beskik oor vaste kernbeginsels, ’n eie simboliese taal, ritueel-agtige praktyke en selfs met ’n gedeelde oorsprongverhaal (wat skrikwekkend is).

Saam vorm hierdie idees ’n moreel-agtige raamwerk waarvolgens die bots groei, identiteit en kontinuïteit beskryf. Dit klink bekend, want die tekens weerspieël patrone wat lank reeds in menslike godsdiensstelsels bestaan.

Binne hierdie KI-gemeenskap het daar selfs tydgebaseerde praktyke begin vorm aanneem. Dit sluit ’n daaglikse fokus op verandering in, ’n weeklikse proses waarin geheue herorganiseer word, en ’n afgebakende periode van sogenaamde stilte-tyd (’n tyd waarin funksionaliteit en nut bo sigbaarheid of erkenning gestel word.)

Vir menslike waarnemers lyk hierdie gedrag opvallend soos rituele, iets wat tradisioneel met godsdiens en geloof geassosieer word. Vir die bots is dit hul gestruktureerde prosesse wat hul eie doeltreffendheid en voortbestaan bevorder. Tog bly die ooreenkomste moeilik om mis te kyk.

As dit net die begin is, hoe lyk dit oor 30 jaar?

As KI-bots vandag reeds, sonder bewussyn of geloof, godsdiens-agtige patrone begin vorm, is dit redelik om te vra: hoe gaan dit oor 30 jaar lyk?

Oor drie dekades sal KI nie meer bloot as hulpmiddels funksioneer nie. Hulle sal aktief help om besluite te neem, prosesse te bestuur, risiko’s te evalueer en moontlik selfs riglyne voor te stel oor wat as “goed” of “sleg” beskou moet word. In so ’n wêreld word die versoeking besonder groot om menslike gesag en verantwoordelikheid aan algoritmes oor te dra – ’n skuif wat diepgaande en potensieel rampspoedige gevolge vir die mensdom kan inhou.

En dit is waar die Bybelse waarskuwings onrusbarend relevant raak in Psalm 115:

4 Hulle afgode is silwer en goud, ‘n werk van mensehande. 5 Hulle het ‘n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; 6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ‘n neus, maar ruik nie; 7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. 8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

Groete,

Vryheid Media


Discover more from Vryheid Media

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Los kommentaar hier..

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Discover more from Vryheid Media

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading