Op sosiale media het die blad Darwin to Jesus onlangs ʼn diep aangrypende reeks plasings gedeel oor die werklikheid van `n Romeinse kruisiging. ’n Metode van doodmaak wat nie net bedoel was om ’n liggaam te breek nie, maar om ’n siel tot absolute vernedering te bring. Dit was die pad wat Jesus van Nasaret gekies het om die wêreld te red.
Die Marteling Begin
Die pad na die kruis het begin met wat bekend gestaan het as scourging. ’n Sweep met leerstroke waarin stukke metaal en bene ingewerk was. Elke hou het nie net die vel oopgeskeur nie, maar het dikwels die spiere en selfs organe blootgelê. Daar word beskryf hoe die vel “in repies gehang het.” Baie het reeds op hierdie stadium gesterf van bloedverlies.


Die Weg na Golgota
As jy dié marteling oorleef het, moes jy die swaar dwarsbalk van jou eie kruis dra – tussen 36 en 45 kilogram — op ’n rug wat reeds oopgevlek is. Die reis deur die stad was deel van die belediging. Jy moes halfdood, tussen spotters en kyklustiges, jou eie doodsvonnis dra. Dit was bedoel om absolute vernedering te wees.


Vasgespyker aan die Hout
Op die teregstellingsterrein is die slagoffer op die kruis van gespyker. Spykers van 12 tot 18 cm lank is deur die polse geslaan. Hierdie aksie het nie net die slagoffer vasgespyker nie, dit het ook die mediane senuwee beskadig — wat intense, brandende pyn veroorsaak het wat tot by die skouers uitgestraal het.


Daarna is die voete vasgespyker. Die knieë is effens gebuig, wat dit moeilik gemaak het om asem te haal. Om uit te asem moes die slagoffer homself opdruk , ’n aksie wat elke keer die rug wonde teen die ruwe hout geskraap het.
Elke Asem ’n Keuse Tussen Pyn en Versmooring
Dr. C. Truman Davis het verduidelik:
“Die borskas word opwaarts getrek. Lug kan ingeasem word, maar nie maklik uitgeasem word nie.”
Elke asemhaling het inspanning vereis, ’n stryd teen die liggaam se eie gewig. Dit was ’n keuse tussen versmoringsdood of pyniging. Uiteindelik het die liggaam te swak geraak onder die druk en het die dood het ingetree. Nie vinnig nie, maar stadig… deur versmoringspyn en spieruitputting.


’n Dood met Skaars Woorde
Romeinse skrywers het graag gladiatorgevegte beskryf, maar baie het geweier om die kruisiging grafies te beskryf, so afskuwelik was dit. Slagoffers is heeltemal kaal gelaat. Hul liggame het gebewe, insekte en voëls het aan hul wonde gevreet. Hulle is uitgelag. Dit was ‘n dood wat vir misdadigers bedoel was, ’n vloek, volgens Deuteronomium 21:23.

Maar dan…
En dit is waarom Goeie Vrydag só ongelooflik is.
Jesus Christus het hierdie dood nie net verduur nie. Hy het dit gekies. Die kruis was ’n simbool van verskrikking, maar Hy het dit verander in ’n simbool van hoop.
Waar die wêreld net bloed en pyn gesien het, het Hy genade en redding gebring.
En in die hart van daardie hout, tussen die spykers en spotters, het die grootste liefdesdaad in die geskiedenis van die mensdom plaasgevind. Deel die as jy soos ek voel, kyk ook die Youtube video onder in ons artikel.

Kyk gerus die kort video op YouTube oor Jesus se laaste 24 uur op aarde. Dit help jou om beter te verstaan hoe daardie laaste dag afgespeel het.
Discover more from Vryheid Media
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
